MOSSELBAAI NUUS - Die KwaNonqaba-polisie is op soek na meer inligting in verband met 'n gewapende roof by die Aksa-spazawinkel op die hoek van Bokwe- en Mpelastraat, KwaNonqaba.
Vier gewapende mans met maskers het omstreeks 19:20 op Dinsdag, 11 Mei die winkel binnegegaan en die 35-jarige eienaar van Ethiopiese afkoms geskiet.
'n Onbekende kontantbedrag is ten tye van die voorval geroof. Die eienaar is in die bors gewond en na die provinsiale hospitaal vir behandeling geneem.
"Die vier verdagtes word as gevaarlik beskou en speurders is tans besig met die ondersoek na die voorval. Twee klagtes, een van poging tot moord en een van gewapende roof is geopen," berig die kommunikasiebeampte van die KwaNonqaba-polisie, sers Kappie Kapp.
Die KwaNonqaba-polisie vra enigiemand met meer inligting oor die voorval om sers Ndala te kontak (044 606 5608).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'