MOSSELBAAI NUUS - 'n Saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer word deur die Groot-Brakrivier-polisie ondersoek nadat 'n matriekleerder van die Groot-Brakrivier Sekondêre Skool op Woensdag, 27 Oktober met 'n skêr gesteek is.
Volgens die polisiewoordvoerder, sers Chantel Marais, het die voorval na skool buite die skoolhekke gebeur.
"Die slagoffer en 'n ander matriekleerder was in 'n bakleiery betrokke. Die slagoffer het 'n steekwond aan sy rug opgedoen toe hy na bewering met 'n skêr gesteek is. Die polisie is steeds besig met 'n ondersoek rakende die voorval."
Teen die ter perse gaan, is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'