Update
MOSSELBAAI NUUS - Die polisie het by monde van polisiewoordvoerder kapt Wollie Fourie, die Diasstrand en omgewing se buurtwag geloof vir die arrestasie van 'n roofverdagte.
'n Verdagte in Sondagaand, 24 Februarie se roof op twee voetgangers in Karveelsingel, Diasstrand is vanoggend deur die Diasstrand-buurtwag gearresteer en aan die polisie oorhandig.
Kapt Fourie het gesê die man word tans ondervra en inligting sal bekend gemaak word soos die ondersoek vorder.
"Buurtwaglede lewer 'n geweldige groot bydrae tot die beveiliging en beskerming van gemeenskappe," het Fourie bygevoeg.
Lees verwante artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'