Gallery Video
GROOT-BRAKRIVIER NUUS EN VIDEO'S - Die Groot-Brakrivier Bewarea het verlede jaar begin om die tuine rondom die Groot Brak-stasie te herstel tot hul vorige glorie.
Die bewarea het in 2019 begin om die tuine wat in die 1940's gevestig is, te rehabiliteer, maar kon eers ná die Covid beperkings verder daaraan werk.
Die wêreldbekende botanis, Keith Kirsten, wat voorheen in Groot Brak gebly het, het gehelp om van die bome in die tuin te identifiseer en het gevoel dat daar nog plante kort om die tuin meer blomryk en kleurvol te maak. Kirsten het gereël dat 'n besending van oor die 200 inheemse plante deur die Kraaibosch Kwekery in George by die tuine afgelaai word.
Die plante is op Woensdag, 1 Maart deur vrywilligers en lede van die bewarea geplant nadat hulle eers 'n bietjie donkiemis-bemesting ingewerk het. Die stasietuine het ontwikkel in 'n lushof na die onlangse goeie reën en het 'n gewilde plek vir pieknieks en vir troufoto's geword.
Volgens Vivienne Fry wat aan die stuur van sake is met die opknapping van die Stasietuine, het hulle gedurende die feesseisoen baie besoekers gehad. "Party het jare gelede hul troufoto's hier geneem en het nou hul kinders en kleinkinders gebring om die tuine te besoek.
Die tuine is ook deel van die Karoo Camino waar mense van Uniondale stap en hier naby klaarmaak. Hulle besoek dan die lafenis van die tuine en die labirint wat verlede jaar geopen het.
"Wat besonders is, is dat hierdie area wat altyd 'n dooie area was, weer lewe gekry het en nou 'n belangrike deel van die gemeenskap is. Ek wil die lede van die Groot Brak Bewarea, die Mosselbaai Munisipaliteit en Dias Express bedank vir hulle hulp om die stasietuine weer tot hul glorie te herstel."
VIDEO: Vivienne Fry, the Great Brak Conservancy Project Leader for restoring the Station gardens
VIDEO: Great Brak Conservancy project leader
VIDEO: Daniel Poswa was van 2019 betrokke
VIDEO: Erica Smith also helped at the Station garden
Vivienne Fry, projekleier, Jeanette Crawford, Michelle Heyes en Erica Smith.
Baie inwoners het plante kom aflaai om in die stasietuine te plant. Hier wys Cathy le Grange wat sy alles gebring het.
Daniel Pozwa en Deon Oktober besig om die bemesting in te werk en die plantjies te plant.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'