MOSSELBAAI NUUS - ‘n Plaaslike projek is van stapel gestuur om die vloedgeteisterdes in KwaZulu-Natal by te staan.
Christiaan Lorenzen, bestuurder van Polyoak in George, het ‘n vragmotor beskikbaar gestel om kos, klere, komberse, water, ensomeer in Groot-Brakrivier op te laai.
Dit word dan gestoor tot en met ‘n vragmotor dit na hul fasiliteit Kwazulu-Natal kan neem vir verspreiding.
Plaaslike inwoners van George en omgewing kan dit na die Polyoak-stoorfasiliteit in Ruby Cresent 18 bring.
Die gemeenskap van die groter Mosselbaai word gevra om bydraes op Dinsdag, 19 April tussen 10:00 en 14:00 na De Dekke langs die N2, Groot-Brakrivier te bring. Die Polyoak-vragmotor sal in die parkeerarea staan.
Kontantbydraes kan inbetaal word in die Kom Tuis-gemeente se Capitec-rekening, Heiderand; spaarrekeningnommer 1463451480, verwysing KZN Vloede.
Kontantbydraes sal aangewend word vir die aankoop van kruideniersware.
Vir meer inligting kontak Lorenzen by 083 441 5861.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'