GROOT-BRAKRIVIER NUUS - ‘n Jong man wat na bewering ‘n 21ste verjaarsdagviering in Friemersheim bygewoon het is in die George provinsiale hospitaal nadat hy glo ernstig aangerand is.
Volgens inligting is die jong man 18 jaar oud en het hy sy beserings tydens ‘n rooftog opgedoen.
‘n Lid van die gemeenskap het glo die seun te hulp gesnel waarna hy deur nooddienste na die Mosselbaai provinsiale hospitaal geneem is.
Hy is vandaar oorgeplaas na George.
Hoewel ‘n saak in verband met die voorval nog nie by die polisie op Groot-Brakrivier aanhangig gemaak is nie, word versoek dat enige persoon met inligting rakende die roof van die slagoffer se Hisense-selfoon, met die polisiekommunikasiebeampte, sers Laurianne Botha kontak maak (073 551 7358).
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'