MOSSELBAAI NUUS - Mevrou Maria van Merch, bekend as Ousie, en ook die ma van die alombekende, nimlike June van Merch het gesterf op die ouderdom van 88 in Beaufort Wes, waar sy tans gewoon het.
Tannie Ousie was 'n vorige inwoner van Mosselbaai.
Vanaf die laat sestigerjare tot vroeë tagtigs was Tannie Ousie betrokke by die Mossel Bay Coloured Crèche Society, tans bekend as Sunbeam crèche.
Die bewaarskool was destyds in die nou Da Nova-area geleë.
Tannie Ousie se neef, Jerome Steenkamp, haal aan uit die Sunbeam kleuter- en bewaarskool se 50ste herdenkingsgeskrifte, 1941-2001: "In 1970 het die bruingemeenskap toe onder voorsitterskap van mev Van Merch administratiewe beheer van die bewaarskool oorgeneem."
Jerome sê: "Ek onthou hoedat Ousie altyd verwys het na 'n ene mev Hogarth, wat 'n groot rol gespeel het tydens die bou van Sunbeam crèche."
Tannie Ousie sal 2 Februarie om 09:00 uit haar huis in Birdstraat in Beaufort-Wes begrawe word.
"Rus sag my liefling aunty," groet Jerome Steenkamp en sy familie.
Tannie Ousie van Merch.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'