MOSSELBAAI NUUS - Op dieselfde dag wat Mosselbaai se poskantoor in Marshstraat gesluit was vir ontsmetting vanweë Covid-19, verjaar die eerste “poskantoor” op die dorp.
Die Posboom by die Dias Museum word allerweë beskou as dit oudste poskantoor in Suid-Afrika.
Joas da Nova was ’n Portugese seevaarder op pad na Indië wat op 7 Julie 1501 briewe en dokumente in ’n skoen wat aan ’n groot melkhoutboom naby die huidige Mosselbaai gehang het, gevind het.
Die briewe is deur een van die bevelvoerders van die boot van Pedro Alvares Gabral in die jaar 1500 in daardie skoen aan die historiese boom geplaas om daardeur boodskappe en inligting aan verbygaande skepe oor te dra.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'