MOSSELBAAI NUUS - Cathleen Roman (née Domingo), oftewel Tanie Cat, is gister op Kersdag oorlede.
Sy was 103 jaar oud.
Tannie Cat was veral bekend vir haar betrokkenheid by die All Saints Anglikaanse Kerk se vrouebrigade.
Die Mossel Bay Advertiser het Tannie Cat in Oktober besoek toe sy 103 jaar oud geword het. Volgens Eerwaarde Domingo, het sy kort hierna begin agteruitgaan.
Sy is in die @Peace-sorgsentrum oorlede. Begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'