Die projek het in November 2006 ontstaan toe daar geskenkies uitgedeel is (deur ma-en-dogter-span Marietjie en Lizette Loots) aan kankerpasiënte en kankervrywilligers in Groot-Brakrivier.
Die byeenkoms op 1 November by die Peperboom Restaurant in Groot-Brakrivier was seker die hoogtepunt van die ses jaar se byeenkomste en is Anina Wasserman (bekende operasangeres) en Pierre van der Westhuizen staande toegejuig. Anina en Pierre het liedere soos When a Child is born, Stille Nag, Joy to the world, We wish you a merry Christmas en 'n Kerskeurspel gesing.
Ander sangers betrokke by die oggend was Danie du Plessis, wat die klank hanteer het en Estelle Scott - plaaslike sangeres.
Die musiek en sang was van uitstaande gehalte, die geregte voorgesit deur Peperboom uit die boonste rakke en met die restaurant vol gepak met mense (van oor die hele Suid-Kaap) wat die Here lief het - was dit 'n oggend wat nog lank onthou sal word. Verskillende houers was beskikbaar vir donasies aan projekte en Options Sorgsentrum se kaartjies is ook verkoop.
Bedankings
Die Vuurvliegie-projek bedank die volgende mense en instansies - waarsonder die projek wat nie-winsgewend is, nie kon voortbestaan nie: Peperboom Coffee shop vir hulle perseel en elke keer se uitstaande eetgoed. DP Rossouw van Groot-Brakrivier vir die pragtige blomme wat hy vir Anina Wassrman en Estelle Scott geskenk het. Marji Morkel van die Great Brak Post wat die Vuurvliegie Inligtingsblad gedruk het.
RNA vir die tydskrifte. ATKV Hartenbos vir hulle ruim skenking van boeke, gholfhemde en waterbottels. Redding Boeke en Bybels in Voorbaai vir geskenktrekkings.Soet en Goed lekkers en klere in Groot-Brakrivier vir die lekkergoed geskenkpak. Minnie Mostert van Mosselbaai vir Annique produkte. Annemarie Delemijn van Groot Brak vir Aloe Ferox geskenk. Die George Herald en Mossel Bay Advertiser vir media dekking van die Vuurvliegie-projek.
Uitreik
Deur finansiële ondersteuning van familie en ander individue, kon die Vuurvliegie-projek vanjaar skenkings maak aan:
ACVV Ons Huis in Mosselbaai, Up With Downs Skool in Blanco, Môreson Kinderhuis in George, YWAM, God Cares, Cansa, Meals on Wheels in George en Teen Challenge in Mosselbaai.
Uit die donasieshouers by die vier byeenkomste het die volgende organisasies gebaat: Solidariteit Helpende Hand; Meals On Wheels en Cansa.
Die volgende Vuurvliegie byeenkoms vind in Februarie 2013 plaas.

Pierre van der Weshuizen, Estelle Scott, Danie du Plessis en Anina Wasserman het die gaste met hulle pragtige sang vermaak.