"Hulle taak is egter bemoeilik deur wind en ook die feit dat materiaal op stortingsterreine ondergronds smeul wat dit baie moeilik maak om te blus. Die brandweer het Dinsdagoggend 'n stootskraper ingekry in 'n poging om dit geblus te kry," berig die munisipale woordvoerder, mnr Harry Hill.
"Die gebruik vroeër jare om vullis op stortings-terreine te verbrand, word al vir ten minste 10 jaar deur wetgewing verbied, en die munisipa-liteit verbrand sedertdien nie meer vullis op stortingsterreine nie," het mnr Hill Dinsdag by navraag gesê.
Die minimum standaarde wat vereis word vir rommelstorting by 'n vullisstortingsterrein word vervat in 'n lywige dokument uitgereik deur die Departement van Waterwese en Bosbou, wat in lyn is met Afdeling 20(1) van die Omgewings-bewaring-wet 1989 (Wet 73 van 1989).
Volgens mnr Johan Compion, Eden Distriksmunisipaliteit Munisipale Gesondheid en Omgewingsdienste bestuurder, moet die Wes-Kaapse Regering, Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning intree sodra daar nie aan die minimum vereistes voldoen word by 'n stortingsterrein nie.
Asma
Intussen het verskeie lesers hul kommer gelug oor die digte rookwalms en -reuk wat sedert Maandagaand oor die woonbuurte tot sover as Hartenbos hang, en berigte is ontvang van kinders wat mediese behandeling vir asma moes kry.
Lesers het ook hul kommer uitgespreek oor die verswakte bejaardes in die hoësorgeenhede van die onderskeie ouetehuise wat naby die stortingsterrein geleë is.
Die skoolhoof van Garden Route Primêr, mnr Nicholas Gertse, het sy kommer oor die situasie uitgespreek en berig dat ouers van leerders van sy skool oor asma, sinus en ander asemhalingsverwante probleme kla.
Die Mossel Bay Advertiser het op 10 Mei 2013 berig oor 'n soortgelyke brand.
Die munisipaliteit het op daardie stadium reeds aangekondig dat hulle voornemens is om die stortingsterrein in 2014 te sluit en tot dan net die storting van tuin-afval daar toe te laat. Na wat verneem word is hierdie proses tans steeds onderhewig aan 'n omgewingsimpakstudie.
Toé het die munisipaliteit in 'n verklaring gesê, "Daar word ook beoog om in die nuwe finansiële jaar die terrein verder toe te kamp, bykomende personeel aan te stel en sekuriteit na ure in te stel, sodat mense nie onwettig toegang tot die terrein het nie."
Die terrein is sedertdien aan die Louis Fourieweg-kant egter nie toegekamp nie.
Dit is nie duidelik of die res van die terrein wel omhein is nie. Brandbestryders het onverpoos gewerk om die brand te blus en versterkings van Groot-Brakrivier is ingeroep om Mosselbaai se personeel by te staan. Intussen gons dit op sosiale netwerke namate mense hul misnoë met die situasie te kenne gegee het.
Die volgende kommentaar is op ons Facebook-blad ontvang:
* Faizel Porter: ('n) Stortingsterrein in die onmiddellikke woongebied bly steeds onaanvaarbaar. Die brand van vullis was in die verlede 'common practice'. Storting kan nie 'n verskoning wees slegs deurdat die brand van vullis gestaak is nie. Die gemors moet buite die onmiddellike leefarea geskuif word. Die gemeenskap wat erg hierdeur geraak word, is juis die gemeenskap wat die ergste onder mediese probleem gevalle soos TB en ander siektes geteister word. Die seewindjie wat die vernaamste is in die gebied waai al die mikroskopiese kieme en stof in die rigting. Onvoorsiene brande wat deur die bloodstelling van hierdie vullis veroorsaak word, is maar een van die enkele probleme wat die gesondheid van ons mense bedreig. Munisipaliteit moet dit regtigwaar skuif.
* Owen Finley: I always laugh when we win a 'greenest municipality' award. It's like they totally overlook the massive petrochemical refinery, the over development of places like Diaz beach, and the massive smoldering landfill situated at the entrance to our town, right next to our biggest settlement.
* Maria du Plessis: Haai maar dis darem toe-vallig dat Groot Brak vullisterrein ook die hele naweek tot vandag toe ook brand en hier was nie eens 'n brandweer nie. Groot Brak was hele naweek onder rook.
* Randall Meyer: Daar was geen brandstigting, moenie mense blameer Mosselbaai Munisipa-liteit kyk hoe warm was dit gister kon die vuur nie as gevolg daarvan ontstaan het nie.
* Stevin Seconds: Die munisipaiteit se verantwoordelikheid om toe te sien dat toestand by stortings terein onder beheer is!
* Linda du Plessis: OMW people. Just go visit North West province, Gauteng and the Nor-
then Cape this time of year and then count your blessings.
* Owen Finley: Linda I agree with you, but that's why we live in Mossel Bay instead of JHB. Also Jozi doesn't claim to be eco friendly in any way. It's more about counting your rates and taxes than your blessings.
* Morné van der Berg: Ugh, sies, ons moes heel nag die reuk verduur.
* Shannon O'Malley: The smoke is becoming unbearable, my 2year old is asthmatic and not coping very well! What to do, it's terrible in Hartenbos!
* Ian Berry: Exactly. One can only imagine what it must be like living right next to the site.
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.

Antoinette du Preez het hierdie foto van die digte rook ingestuur.
ARTIKEL: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'