Update
MOSSELBAAI NUUS - 'n Negentienjarige jong man het Sondagmiddag kort na 12:00 met sy blou Yamaha-motorfiets op die Vleesbaai-pad verongeluk.
Volgens die KwaNonqaba-polisie se kommunikasiebeampte, sers Kapp, was Adriaan de Bruyn van Mosselbaai alleen op die motorfiets op pad in die rigting van Vleesbaai toe hy skynbaar om ongeveer 13:45 beheer oor die motorfiets verloor het.
De Bruyn, vier ander motorfietsryers, sy pa en vriende was op pad na Gouritzmond toe die ongeluk naby die afrit na Vleesbaai plaasgevind het.
Die Yamaha het die pad verlaat en in die landerye regs van die pad lande gekom. Paramedici het Adriaan op die toneel as dood gesertifiseer.
De Bruyn is 'n oudleerder van Hoërskool Punt,
Enige persoon met inligting oor die voorval word versoek om die ondersoekbeampte, ao Geoffery Moos van die KwaNonqaba-polisie (079 8941599) te kontak.
Lees 'n vorige artikel: 19-jarige sterf in motorfietsongeluk
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'