MOSSELBAAI NUUSFLITS - Juffrou Moira Fillies het haar onderwysloopbaan 41 jaar en sewe maande gelede aan Sao Bras Sekondêre skool begin. Sy en haar gesin is welbekende inwoners van Mosselbaai.
Twee jaar later begin sy by Ridgeview Primêre Skool met die opening van die skool. Skoolhoofde, opvoeders en leerders het gekom en gegaan, maar Juffrou Moira het in haar pos bly staan. Sy is ‘n lojale, staatmaker opvoeder vir 39 jaar en sewe maande aan Ridgeview Primêr. Menige leerders is deur haar hande.
Sy is welbekend in skolesportkringe waar sy betrokke was by netbal, atletiek en landloopafrigting en op die bestuur gedien het.
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'