MOSSELBAAI NUUS - Caritas Care Mosselbaai nooi jou uit om te kom kuier saam met die Caritas familie op 4 November om 09:00 by die Klipkerk, NG Kerk Moedergemeente.
Die gasspreker is Elsabet Louw, wat haar verhaal van Heling en Heil met ons kom deel.
Die doel van die Caritas-kuieroggend is om behoeftige studente wat graag die Pastorale Narratiewe Kursus wil doen, te ondersteun.
Dit is ook 'n geleentheid om net saam met vriendinne te kuier.
Heerlike verversings, wat koffie insluit, sal beskikbaar wees. Die gelukstrekkings sal ook heelwat verrassings oplewer. Daar sal ook verskeie uitstallers wees.
Kom sit saam om dieselfde tafel (of twee) en/of nooi vriende om saam te kom kuier. Indien jy 'n gasvrou kan wees, is daar nog tafels beskikbaar. Daar is plek vir 10 persone per tafel.
Vir meer inligting, en indien jy 'n gasvrou kan wees, kontak asseblief vir Elize Barnardt (082 829 8133) of Stefanie Minnaar (082 900 9302).
Die koste is R160 per persoon en dit sluit verversings en vrugtesap in.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’