TUINROETE NUUS - Hoër Landbouskool Oakdale het op Vrydag 20 Augustus tydens 'n spesiale geleentheid hul gedenkmuur ingehuldig.
Tydens die geleentheid het die hoof, André Latsky, beklemtoon dat dié 'n geleentheid is om saam met die ouers van die elf seuns wat tydens hul skoolloopbaan op Oakdale gesterf het, hul lewens en bydraes as Oakdalers te vier.
Daar is net twee maniere hoe mens as 'n ware Oakdaler bekend kan staan: As jy gr. 12 in Oakdale geslaag het, of as leerder van Oakdale gesterf het.
Die skool wil graag hê alle Oakdalers oor die jare heen moet hierdie elf jongmanne as trotse Oakdalers onthou.
Ouers is ook tydens die seremonie die geleentheid gegun om 'n ruiker vir hul seun by die gedenkmuur neer te lê.
Van links is Marlene Johnson, en Jaco en Ilze Stander van Knysna.
André Latsky (skoolhoof) saam met Hankie en Jan Wiese van Loxton.
Mnr. Vlooi en Adelé du Toit by die gedenksteen van hul seun Arend Brink du Toit.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'