MOSSELBAAI NUUS - Filmmaker Barend Fourie was so beïndruk met die hoeveelheid talent aan die Tuinroete, dat hy besluit het om 'n platform daarvoor te skep.
Dit het gestalte gevind in die program, In Lewende Lywe wat in Maart vanjaar by De Dekke, Groot-Brakrivier verfilm is.
Fourie, van Gatskuur-televisieproduksies, sê dat hy verstom was oor die verskeidenheid plaaslike talent.
"Ons het nie net gefokus op sangers nie, maar skilders, dansers, kletsrymers ensovoorts.
"Soveel mense wat soveel talent het, maar nie noodwendig die televisietyd kry nie," het Fourie vandeesweek aan die Mossel Bay Advertiser gesê.
Die plaaslik bekende country-sanger, Pieter Mohr is die aanbieder van die eerste reeks bestaande uit 15 episodes. Elke episode is 30 minute lank en gooi die kollig op vyf kunstenaars per episode.
"Hierdie is nie 'n kompetisie nie, maar 'n vertoonvenster vir talent. Juis omdat beoordelaars dikwels krities is en mense eintlik afbreek, het ons besluit om dit anders te doen. Ons maak gebruik van afrigters."
Dít, verduidelik Fourie sluit in, country-legende Maritza, die liedjieskrywer en sanger, Stef Kruger en die kunstenaarsagent, Karen Kretschmer.
Die programsamestelling, verduidelik Fourie, bied in elke episode 'n ankerkunstenaar wat dan die verhoog deel met vier groentjies, wie se opkomende talent blootstelling kry."
Die program is vars en propvol energie. Dit word elke Vrydagaand vrygestel word op BAKGAT TV, Facebook en YouTube-kanaal, asook op Garden Route TV."
Fourie het laat glip dat dit nog lank nie die einde van sy televisieproduksieplanne is nie.
Aanbiede en country-snager. Pieter Mohr saam met country-legende, Maritza.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'