GROOT BRAKRIVIER NUUS - Groot-Brakrivier-polisiesektor se nuwe bestuur is tydens hul maandelikse vergadering op 14 Maart verkies. Daan Smith en Pieter Frans, onderskeidelik voorsitter ondervoorsitter vir 2018, asook hulle bestuur lê die tuig na vyf jaar neer.
Onder hul leiding is uitstaande dienslewering en gesonde strukture, waaronder 19 buurtwagte tot stand gebring.
Jacques Radley is as die nuwe voorsitter verkies, en Emanuel Abrahams as ondervoorsitter. Radley sê dat hulle as span doelgerig gaan saamwerk om inwoners se veiligheid te verseker.
"Dit is baie belangrik dat veiligheid eerstens by die individu, as inwoner en sy of haar betrokkenheid by veiligheidsoptredes en deelname aan buurtwagte begin."
Die nuwe polisieforum vir Groot-Brakrivier is, van links: Daan Smith (erelid), Magda Opperman (sekretaresse), raadslid Anton Dellemijn (Wyk 5), Willie Liebenberg (bestuurslid), Pieter Frans (erelid), raadslid Annatjie Janse van Rensburg (Wyk 4), voor regs Hendrik Visser (bestuurslid), Jacques Radley (voorsitter) en Emanuel Abrahams (ondervoorsitter).
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'