Elricka Witbooi
Elricka (18) is die ma van ‘n pragtige seuntjie van twee jaar oud. Sy het in ‘n kinderhuis grootgeword waar sy baie gelukkig was.
Elricka het iemand ontmoet, swanger geraak en na ‘n ruk het die mishandeling begin waar sy weggeloop het na die kinderhuis toe en toe heen en weer terug na hom toe gegaan het. Sonder ‘n plek van haar eie het sy met haar kind by hom gebly maar die geslanery het net aangehou.
Op ‘n dag het Elricka genoeg gehad en hulp gaan soek waar sy by Phambili opgeeïndig het. Sy is baie gelukkig by Phambili en die berading en nuwe tuiste help haar om weer op haar eie bene te kan staan. Die godsdiensgroepe, die matrone en ander personeel, ook Famsa het haar baie gehelp met haar pad na herstel toe.
Haar boodskap aan jong tieners wat mishandel word is dat daar wel hoop is - hulle moet net nooit ophou om te glo en te bid nie.
Shirlene Clark
Shirlene Clark (39) het twee pragtige seuns. Haar ma se dood was moeilik om te verwerk en sy het emosioneel gesukkel.
Shirlene het iemand ontmoet wat Tik op ‘n daaglikse basis misbruik het en die verhouding het haar amper haar lewe gekos.
Dit is slegs nou by Phambili dat sy weer met haar ouself konnekteer. Sy kan ook nou haarself vergewe vir die gevaar wat sy haar kinders aan blootgestel het.
Sy voel bemagtig en is gretig om al die goeie dinge te beoefen wat sy nou geleer het. Shirlene gaan ook nie weer deur enige iemand op enige manier mishandel word nie. Sy sê ook dat sy nou uitsien na haar toekoms en om die ma te wees wat haar kinders verdien.
Placecol en Stylz in die Garden Route Mall het die twee bederf. albei het dit vreeslik geniet.
Shirlene Clark glimlag breed na haar mooimaaksessie deur Placecol en Stylz.