Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Mens is sekerlik geseënd as jy nog 'n paar danspassies kan gee en lekker kan kuier saam met jou vriende op jou 90ste verjaarsdag.
Dinahlina Cairncross is op Vrydag, 13 Augustus deur vriende, familie en personeel van Benevolent Park verras met 'n samekoms in die saal op die perseel.
Weens Covid-19-protokol was die vieringe beperk tot 'n klein aantal persone. Desondanks, het daar steeds 'n feestelikheid geheers met sang, gebed, gelag, dansies en 'n pragtige koek wat spesiaal vir die verjaardagnooi gebak is.
Dina, soos almal haar noem, het in Klipperstraat in Mosselbaai grootgeword en vir bykans 40 jaar in Hopestraat gebly. Sy was getroud met John en het sewe kinders.
Fotogalery: Dinahlina Cairncross geniet haar 90ste verjaardag
Dan spog sy ook nog met 11 kleinkinders en 10 agterkleinkinders. Sy het jare lank by Langeberg-fabriek en daarna by burgemeester Rudi Barnard gewerk. Deesdae is sy 'n geliefde inwoner van Benevolent Park wat waar sy ookal gaan, 'n glimlag op almal se gesigte sit.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'