MOSSELBAAI NUUS - "Kom ons wees maar eerlik: Covid het ons almal lelik gepootjie en ons het 'n behoefte aan goeie nuus en hoop. Die NG Suid-gemeente bied daarom vanaf 22 tot 25 September 'n Blommefees aan wat die boodskap wil oordra dat daar hoop en oorwinning is oor alle negatiewe lewensomstandighede. Ons noem dit: Opstandingsfees met blomme," sê ds Danie Smit van dié gemeente.
Die Blommefees, wat in die kerksaal in 15de Laan plaasvind, skop op Donderdag, 22 September om 18:00 af met 'n wydingsdiens in die kerkgbou.
Dit neem die vorm aan van ‘n sangdiens waar die gemeente se lofprysingsspan en ander musikante gaan optree.
Die blommefees is oop na die wydingsdiens en daarna ook van 22 tot 25 September ook elke dag van 10:00 tot 19h00. Daar gaan daagliks ‘n teetuin wees wat tussen 10:00 en 18:00 oop sal wees.
Toegang is gratis. "Kom verlustig jou in die blommefees wat ‘n boodskap van hoop oordra en geniet keurige gebak en drinkgoed in die teetuin. Almal in die gemeenskap word hartlik uitgenooi om hierdie fees te kom geniet," nooi ds Smit.
Navrae kan by ds Danie Smit (084 701 4386) gedoen word.
Moenie die NG Suid-gemeente se Blommefees van 22 tot 25 September misloop nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'