TUINROETE NUUS - 'n Union Internationale de Pentathlon Moderne (UIPM) Laser Run City Tour word volgende Saterdag, 29 April, by Glenwood House, George aangebied.
Die geleentheid is deel van die Wes-Kaap Kampioenskappe. Die City Tour is ‘n ideale geleentheid vir diegene wat graag die opwindende laser run as sportaktiwiteit wil probeer en die verrigtinge ondersteun.
Enig een tussen die ouderdom van o/9 tot meesters van 70 jaar en ouer kan deelneem. Geen vorige ondervinding is nodig nie.
Laser run behels laser-pistoolskiet terwyl jy vinnig beweeg of hardloop, met verskillende afstande volgens die betrokke ouderdomsgroepe.
Die publiek word aangemoedig om deel te neem en mekaar op die baan uit te daag. Deelnemers kan as 'n gesin, kollegas of leerders van 'n skool deelneem.
Dit is oop vir almal. Vir meer inligting en om in te skryf, kontak Mariska op Whatsapp by 079 895 8001.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’