Gallery
MOSSELBAAI NUUS - 'n Helder kopdoek, gekleurde kouse en kleurvolle uitrustings.
Dit is die gesig wat inwoners en besoekers aan die Punt op Mosselbaai vanoggend, op Saterdag 5 Februarie begroet het.
Vandag is Wêreld Kankerdag. Verskeie stappers het aan die geleentheid, ten bate van Kansa deelgeneem.
Hierdie nuwe drie jaar lange-veldtog vra vir aksie om die kwessie van onregverdige toegang tot kankerdienste aan te spreek.
Die veldtog beoog om regverdigheid van gesondheidsorg te bevorder vir alle mense wat deur kanker geaffekteer word, ongeag wie hulle is of waar hulle woon.
Mossel Bay Advertiser vryskut-fotograaf Sharlton Groenewald het die stappers met sy kamera begroet.
FOTOGALERY: Wêreld Kankerdag staptog in Mosselbaai
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai nuus'