MOSSELBAAI NUUS - Die verbruikerstudieleerders van me Nieuwoudt en Jansen by Hoërskool Punt het hulself weer oortref tydens die jaarlikse koekversieringskompetisie.
Die tema was Verbruikerstudies-inspirasie.
Danksy die veelsydigheid van die vak, was daar 'n wye verskeidenheid kreatiewe skeppings.
- 1e prys: Grimering (Megan Young en Karlien de Wet);
- 2e prys: Groentemark (Terena Botha);
- 3e prys: Fast Food (Juané van Staden), Kleding (Channelle Meintjies en Christelle Terblanche) en Chef's Garden (Brandon Kiewiets); Oorspronklikste: KFC (Kyla van der Westhuizen, Elrize Moolman en Christen Klinsick).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'