MOSSELBAAI NUUS - Wat is nou lekkerder as 'n warm wolkom-bers om die winterkoue uit te hou? Caritas Care se terapeute van Mosselbaai is so 'n omgee-kombers vir die gemeenskap.
Op Vrydag, 29 Julie het die terapeute saam ontbyt geëet waar dr Gerrie van Deventer met hulle gesels het oor hoe belangrik dit is om betekenis te skep en 'n bydrae te lewer.
Caritas Care se terapeute is 'n dinamiese span professionele mense wat 'n passie het vir die versorging van die gemeenskap.
Caritas Care bied hul tyd aan almal wat ondersteuning nodig het tydens 'n moeilike reis.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'