MOSSELBAAI NUUS - ‘n Inwoner van Mosselbaai is vanoggend, op 3 Maart in die vroeë oggendure in ‘n motorfietsongeluk oorlede.
Die voorval het na wat verneem word by die Maalgate-brug tussen Groot-Brakrivier en George gebeur.
Die Mossel Bay Advertiser het navrae aan die polisie gestuur en wag nog op terugvoer.
Die identiteit van die oorledene is aan die Advertiser bekend maar word weerhou tot bevestiging van die polisie ontvang is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'