MOSSELBAAI NUUS - Die afgelope week het twee van die damme in die Mosselbaai-streek gestyg. Die Ernest Robertsondam se vlak het konstant op 100% gebly. Die Klipheuweldam se vlak het met 2,46% gedaal.
Na die afgelope reën wat in die streek geval het, het die Hartbeeskuildam en die Wolwedansdam se vlakke gestyg.
Die stygings was as volg:
Hartbeeskuil - 0,61%
Wolwedans - 2,03%
Die twee belangrikste damme vir water in die Mosselbaai-streek, Wolwedans en Ernest Robertson, se vlakke is meer as 100% en vergelyk baie goed teenoor die vlakke van verlede jaar dieselfde tyd met 101,36% en 80,15% onderskeidelik.
Die stand van damme is soos volg:
25 Desember
Hartbeeskuildam – 91,06%
Klipheuweldam – 63,56%
Ernest Robertsondam - 100%
Wolwedansdam – 98,35%
1 Januarie
Hartbeeskuildam – 90,45%
Klipheuweldam – 61,10%
Ernest Robertsondam - 100%
Wolwedansdam – 100,38%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’