Die slang wat in Danabaai gevang is, is inderdaad 'n gevlekte skaapsteker. Dit is 'n matig-giftige slang en kom veral voor langs kusgebiede waar dit in fynbos of savanne leef - dus, baie algemeen in die Mosselbaai gebied. Die tipe slang is bedags aktief. Dit kan baie vining beweeg, veral op warm dae.
Alhoewel die slang nie dodelik is nie, kan dit volgens een inwoner wat ingeskakel het, Pierre Stander, wel 'n mate van skade berokken.
Sy moeder is destyds deur 'n skaapsteker op die been gepik en die wondplek het blykbaar elke jaar Desember pikswart geword. Hulle het nooit 'n verklaring vir dié toestand gekry nie, maar Stander stel voor dat jy maar liewer hierdie slang moet vermy.

'n Leser werksaam by PetroSA het hierdie inligting oor die skaapsteker ingestuur.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'