MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai Kunstevereniging bied hul volgende konsert op Donderdag, 10 Augustus, in die Klipkerk (NG Moedergemeente) in Kerkstraat, Mosselbaai, aan.
Die Take Four Piano Quartet bestaan uit Elna van der Merwe op klavier, Zanta Hofmeyr op viool, Susan Mouton op tjello en Jeanne-Louise Moolman op altviool.
Hulle speel werke van Brahms en Dvorak. Elkeen van hulle is befaamde kunstenaars in eie reg en dit is 'n unieke geleentheid om hulle saam te sien optree.
Kaartjies kos R150 vir lede van die Mosselbaai Kunstevereniging en R180 vir nie-lede. Skoolgaande kinders is gratis.
Die konsert begin om 19:00 (die deure open om 18:00).
Besprekings is noodsaaklik. Dit kan per WhatsApp gedoen word op 064 963 9962. Die Frame of Mind-winkel (044 695 2805 of 064 963 9962) in die Ocean View Mall in Blandstraat kan ook gekontak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’