MOSSELBAAI NUUS - Die eerste Friemersheim vir Jesus-fees vind Saterdag, 22 Julie, plaas en beloof om vir elke besoeker iets te bied.
Die fees word by die Laerskool Friemersheim gehou en verskeie stalletjies om te eet en te koop is by die fees beskikbaar. Daar gaan ook baie musiek wees met kompetisies vir sang, dans en instrumente. Solo's en groepe kan deelneem.
Verskeie ander kompetisies vind ook plaas onder andere beste sop-, talent- en domino's-kompetisies.
Outeniquland plaaswag bied ook 'n draadkar-kompetisie aan vir die mooiste draadkar, die mees inoveerde draadkar, die vinnigste draadkar en die beste mentor. 'n Boeresport word ook die dag gehou.
Die program vir die dag is as volg:
- 08:00 - Verwelkoming
- 08:15 - Dance for Life
- 08:30 - Geestelike woord
- 09:00 - Agter toe deure
- 09:30 - Skoolhoof
- 09:45 - verdaag almal na die verskillende kompetisies
- 10:00 - Draadkarretjies, Tyre scooter en Domino's.
- 11:00 - Sop Kompetisie en boere-sport speletjies
- 12:00 - Talent kompetisie
Vir meer inligting skakel. (079 092 4027).
Die draadkar-kompetisie beloof om jonk en oud lekker besig te hou by die fees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’