MOSSELBAAI NUUS - Lede van die Midbrak-tuinbouklub het lekker wintervakansie hier oor Julie gehou, maar nie stilgesit nie.
Van die lede het na immergroen en energieke tuinghoeroe, Keith Kirsten gaan luister. Keith was die gasspreker tydens 'n Caws4Paws-fondsinsameling en het almal gemotiveer om die natuur weer terug te bring na ons tuine.
Die volgende byeenkoms van die Midbrak-tuinbouklub is op 13 Augustus om 10:00.
Soos gewoonlik word daar tee gedrink en saam gekuier by Ornamental Gardens. Hierdie Dinsdag word daar weer lekker gesels oor die belangrikheid van die bewaring van die natuur en die erfenis van die lieflike Suid-Kaap.
Die spesiale gaste vir die oggend is van die bewaareas uit die omgewing, wat hulle passie, motivering, aktiwiteite, projekte en doelwitte gaan deel.
Moenie hierdie interessante kuiergeleentheid mis nie.
Om meer uit te vind van die Midbrak-tuinbouklub, hou die koerant dop. Om aan te sluit teen R90 vir die res van die jaar of by te woon as gas teen R15, skakel 082 928 5624 of val net in – almal is welkom.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'