MOSSELBAAI NUUS - Die uitvoerende burgemeester van Mosselbaai, Raadsheer Harry Levendal, het 'n persoonlike boodskap uitgestuur na die matriek leerlinge van 2019.
"Die jongmense van Mosselbaai lê my baie na aan die hart. Binnekort, vanaf 23 Oktober tot 28 November gaan die Matrieks van 2019 die belangrikste eksamen van hul skoolloopbaan moet aanpak. Ek, die munisipale raad en Mosselbaai-munisipaliteit wens hulle alle sterkte toe.
Mag hul voorbereiding vir die eksamen goed verloop. Mag elkeen met kalmte van gees die vraestelle beantwoord. Mag elke ouer, familielid en hul vriende in hierdie tyd die betrokke jongmense bystaan en onderskraag. Mag elkeen na afloop van die eksamen 'n toekoms tegemoetgaan waarin hulle die geleenthede op hande sal aangryp tot voordeel van hul eie heil, maar ook tot voordeel van ons gemeenskap. Mag elke jongmens welkom voel in Mosselbaai, 'n dorp met vele geleenthede vir elkeen wat daarna strewe om 'n sukses van die lewe te maak ongeag hul omstandighede.
Volgens syfers van die nasionale department van basiese onderwys sal nasionaal 659 179 voltydse en 122 471 deeltydse kandidate die eksamen aflê. Dit is jongmense wat met hoop uitsien na ‘n lewe ná skool.
My dank gaan aan elke opvoeder, die skoolhoofde en beheerliggame van die skole in die groter Mosselbaai wat vanjaar besondere uitdagings ook ten opsigte van geweldsmisdade op skoolterreine en teen leerders van hul skole die hoof moes bied. Die opofferinge, harde werk en toewyding om aan ons jeug die opvoeding te gee waarop hulle geregtig is en aanspraak maak, gaan nie ongesiens verby nie. Ek was self vir 28-jaar aan die onderwys verbonde en kan met ondervinding getuig van die enorme werk wat ons opvoeders verrig – baie dankie!
Die ouers van leerders wat die afgelope 12 jaar – soms onder baie moeilike omstandighede – hul kinders getrou skool toe gestuur het en aangemoedig het om ‘n sukses van hul skoolloopbaan te maak verdien alle lof. Die jeug vandag word onder groot druk geplaas deur vriende en elemente wat nie hul beste belang voorop stel nie. Ouers se belangrike rol om dissipline te handhaaf en ‘n omgewing te skep waarin hul kinders kan leer en vorder, is daarom des te meer merkwaardig.
God's rykste seën word die leerders toegebid, nou met die eksamen, maar ook op hul lewenspad vorentoe. Dit is my wens dat elkeen van die Matriekklas van 2019 hul toekomsdrome sal nastreef en ‘n sukses daarvan sal maak.
Mag die Matriekeksamen 2019 glad verloop en elkeen van ons leerders die geleentheid kry om net hul beste te lewer.
The young people of Mossel Bay are very dear to me. Soon, from October 23 to November 28, the 2019 Matric class will have to sit for the most important exams of their school career.
I, the municipal council and the Mossel Bay Municipality wish them all the best.
May their preparation for the exam go well. May everyone experience calmness when they answer the question papers. May every parent, family member and their friends assist and support the young people involved at this time. May each of them, after the exam, face a future in which they will seize the opportunities at hand for the benefit of their own good, but also for the benefit of our community. May every young person feel welcome in Mossel Bay, a town with many opportunities for anyone who strives to make a success of life regardless of their circumstances.
According to figures from the national department of basic education, nationally 659 179 full-time and 122 471 part-time candidates will take the exam. These are young people who are looking forward to life after school.
My thanks go to every educator, the principals and governing bodies of the schools in the greater Mossel Bay who also had to face particular challenges this year concerning violent crimes on school grounds and against learners from their schools. The sacrifices, hard work and dedication to give our youth the education they are entitled to and claim are not going unnoticed. I have personally been involved in education for 28 years and can testify to the great work our educators do - and I thank you for it.
The parents of learners who, over the past 12 years - sometimes under very difficult circumstances - have faithfully sent their children to school and encouraged them to make a success of their schooling despite difficulties, deserve all the praise. The youth today are under great pressure from friends and elements who do not put their best interest first. Therefore, the important role of parents in maintaining discipline and creating an environment in which their children can learn and progress is all the more remarkable.
God's richest blessing is bestowed upon the learners, now with the exam, but also on their way into the future. It is my wish that each of the Matric Class of 2019 will pursue their future dreams and make a success of it.
May the Matric Exam 2019 run smoothly, may each of our learners be allowed to do just their best."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'