MOSSELBAAI NUUS - ‘n Man van Mosselbaai wat daarvan beskuldig word dat hy bejaarde vroue met Alzeimer se siekte verkrag en seksueel aangerand het, het sy aansoek om borgtog laat vaar.
Die 36-jarige verdagte verskyn vandag, op Woensdag, 25 November in die Mosselbaai Landdroshof.
Daar sal na verwagting vandag gekyk word na 'n datum vir sy volgende verskyning in die streekhof.
Die verdagte is op 31 Augustus by die fasiliteit, waar hy onderhoudswerk gedoen het, in hegtenis geneem. ‘n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagte homself aan ‘n 79-jarige vrou ontbloot het.
Die polisie is ook in besit van beeldmateriaal van kringtelevisiekameras waar die verdagte na bewering ‘n 96-jarige vrou verkrag en seksueel aanrand. Kinderpornografie is ook tydens die polisie se ondersoek op die verdagte se selfoon ontdek.
Hy staan tereg op minstens 14 aanklagte wat insluit verkragting, die besit van kinderpornografie en seksuele aanranding.
Boonop, is daar intussen ook 'n aanklag van bestualiteit teen hom aanhangig gemaak. Die aanklag spruit glo uit 'n voorval op Oudtshoorn.
Previous articles:
- Man in hof wat bejaardes glo verkrag
- Shocking rape case postponed
- Borgtogaansoek in verkragtingsaak
- Seksdade met bejaarde vroue skok
- Employee in court after sexual violence of alzheimer victims
'We bring you the latest Mossel Bay, Garden Route news'