Die bestuurder van die voertuig het weggejaag.
Polisiewoordvoerder, Pieter Koekemoer, sê die liggaam van die 27-jarige man, Joseph Rhoode, is om 05:00 vanoggend in die middel van die pad ontdek.
Die besonderhede van die voertuig is tans aan die polisie onbekend.
Koekemoer doen 'n beroep op ooggetuies om na vore te kom met inligting wat die polisie kan help om die bestuurder van die voertuig vas te trek.