MOSSELBAAI NUUS - 'n 20-jarige man verskyn op Dinsdag, 13 Februarie in die Groot-Brakrivier Landdroshof op 'n aanklag van moord.
Polisiebeamptes het die verdagte gearresteer nadat die liggaam van die 32-jarige Jenneline Hansen op Saterdag, 11 Februarie in Greenhaven, Groot-Brakrivier gevind is.
Hansen is met 'n mes gesteek en aangerand.
Sy het in die Mosselbaai Provinsiale Hospitaal aan haar wonde beswyk.
Dit is nie tans bekend wat Hansen se verhouding met die verdagte was nie.
Die polisie ondersoek 'n saak van moord.
ARTIKEL: LOUISE KARSTEN, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'