MOSSELBAAI NUUS - “Ek weet nie hoe om vir jou te sê hoe my moederhart voel nie. Dit was die wonderlikste Kersfees ooit.”
Só sê Peggy Roux, ‘n bekende in buurtwagkringe in Mosselbaai nadat haar seun, John vir die eerste keer in 15 jaar saam met haar Kersfees kon vier.
John het uit Nederland huis toe gereis.
Peggy was die wenner van die Bring the one you love home these holidays wat deur Kfm 94.5 en Makro aangebied is vroeër vandeesmaand.
By die huis vir die vakansie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'