MOSSELBAAI NUUS - Met die somervakansie wat einde se kant toe staan, word vakansiegangers en inwoners wat steeds Mosselbaai se gewilde strande wil besoek, gewaarsku om te let op die beskikbaarheid van lewensredders op strande.
"Gister was die laaste dag wat lewensredders deur die munisipaliteit ontplooi was op sommige strande soos SAOU, Dwarsweg, Nooitgedacht, Bayview, Tweekuilen, Punt se getypoel, Boggomsbaai en Vleesbaai," berig Mosselbaai se direkteur van gemeenskapsdienste, mev Elize Nel.
By sommige ander strande sal lewensredders steeds beskikbaar wees aangesien die onderskeie inwonersvereinigings vir 'n ekstra paar dae tot die naweek se dienste betaal.
Lewensredders is not tot en met 7 Januarie by die volgende strande:
- Glentana
- Gleniqua
- Outeniqua
- Pienaar
- Suiderkruis
- Souwesia
- Kleinbrak tot 12 Januarie
- Koffiehuis en Punt Poort tot 14 Januarie.
- Cloete se gat tot 19 Januarie
- Groot Brak riviermond, De Bakke, Santos, Dias tot 21 Januarie, daarna elke naweek tot Paasnaweek.
ARTIKEL: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER-NUUSREDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'