MOSSELBAAI NUUS - 'n Groepie leerders van die Mossel Bay Care Centre is op Vrydag, 10 Desember met 'n Kerspartytjie verras.
Die leerders het behoorlik in die lug gespring toe Kersvader opdaag. Hy het tyd van sy besige skedule afgeknyp en 'n geskenkie aan elke leerder oorhandig.
Die toppresteerders van die sentrum het op Saterdag, 11 Desember 'n beurt gekry om bederf te word toe hulle met 'n rit op 'n plesierboot om Robbe-eiland verras is. Terug by die hawe het die bederf voortgegaan waar 'n wegneem-ete op hulle gewag het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'