Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Laerskool Park se graad 6-leerders het vanaf 23 tot 25 September 'n leierontwikkelingskursus by die skool bygewoon.
Dit was deur Barend Jordaan, bemarker van Langenhoven Gimnasium op Oudtshoorn aangebied.
Tydens hierdie geleentheid het die leerders verskillende lesings gehad en aktiwiteite gedoen wat geskoei was op leierskapseienskappe, leierskapstyle, konflikhantering, probleemoplossing, breindominansie, verantwoordelikhede en selfbeheersing.
Op nasionale Braaidag was wors gebraai en boereworsrolle geëet. Die kinders het ook lekker in die swembad baljaar.
Fotogalery: Graad 6-leerders geniet leierontwikkelingskursus
'n Laerskool Park-woordvoerder het gesê: "Ons wil graag dankie sê aan ons Hemelse Vader vir Sy hand van beskerming oor almal, die wonderlike weer en geleentheid om onsself te kan verryk.
Park is dankbaar vir die donasies, waarmee die skool die leerders met boerewors, koeldrank en lekkergoed kon bederf.
Laerskool Park se graad 6-leerders het vanaf 23 tot 25 September 'n leierontwikkelingskursus by die skool bygewoon.
Daar was tyd vir bespreking oor die verskillende onderwerpe.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'