Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Laerskool Park se jaarlikse grondslagfase-erkenningsaand, waar leerders erkenning ontvang het vir onder andere meriete prestasies, uitmuntende prestasies, netheid en beste vordering, was onlangs gehou.
Klik hier vir 'n fotogalery.
Van die spesiale toekennings is seunsatleet, Mark-Hein Fourie en meisiesatleet, Suanne Steyn.
Die seniorfase-erkenningsaand was op Donderdag, 9 November, waar die leerders pragtig presteer het.
Tydens hierdie geleentheid is spesiale toekennings oorhandig. Van hierdie spesiale toekennings is onder andere: sportvrou Jandri Snyders, sportman Pienie Pienaar, mees veelsydigste graad 7-leerder Bertus Kruger en dux-leerder Tanya Smit.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'