MOSSELBAAI NUUSFLITS - Meer as 70 leerders van Laerskool Park het Lentedag gevier deur deel te neem aan ‘n skoonmaakprojek om Rommel op die strand op te tel.
Die graad 2-leerders het vroegoggend in Bayview byeengekom en het vandaar die staptog na Diasstrand aangepak.
Hierdie inisiatief is gelei deur Kosie Gericke wat onlangs saam met Antonio Da Silva-Swart, die sogenaamde, Sheriff of the Coast, deelgeneem het aan ‘n kusskoonmaakprojek.
Da Silva-Swart se projekte word deur CapeNAture, Plastics SA en Checkers ondersteun.
Leerders van Laerskool Park
ARTIKEL: CORNELLE CARSTENS, MOSSEL BAY ADVERTISER JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai nuus'