MOSSELBAAI NUUS - Die kykNET Buite-Ekspo Suid-Kaap word vir die eerste keer vanaf vandag Vrydag, 29 September tot Sondag, 1 Oktober, by ATKV Hartenbos aangebied. Dis dan ook die eerste naweek van die skoolvakansie en waar beter om dié geleentheid aan te bied as by die baie gewilde ATKV Hartenbos Oord.
Die kykNET Buite Ekspo konsep word al sedert 2011 met groot sukses aangebied in Suid-Afrika.
‘n Limpopo weergawe by Sondela Nature Reserve & Spa naby Bela Bela en die Wes-Kaapse geleentheid op die Môreson Plaas net buite Malmesbury, is reeds baie suksesvol.
In 2022 het 'n verbysterende 22000 besoekers die byeenkoms op Môreson bygewoon, wat dit by verre een van die grootste buitelewe Ekspo’s van sy soort in SA maak.
Dié geleentheid is spesifiek gemik op die buitelewe-, kampering- en 4x4-entoesias en die hele gesin is welkom. Dis ‘n volwaardige buitelewe leefstyl Ekspo en bestaan nie net uit buitelewe uitstallers wat die heel nuutste produkte op ‘n baie unieke manier kom uitstal nie. Kindervermaak, 4x4 hindernis-ritte met die bekende André de Villiers, is ook deel van die verrigtinge.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’