MOSSELBAAI NUUS - Vyf vroue van Aalwyndal, almal kunstenaars het moue opgerol en hul kreatiwiteit vrye teuels gegee om van klippies kunswerke te maak.
Die projek was ook nie net sommer 'n gier nie, maar met die doel om vir gesondheidswerkers by die Life Bay View privaat hospitaal dankie te sê vir hulle onbaatsugtige werk tydens die Covid-19-pandemie.
Een van die vroue het self Covid-19 gehad en het boonop haar ma aan die virus verloor. "Ons is reeds hard aan die werk aan ons volgende liefdesprojek," sê Amy Jansen, 'n lid van die groep.
Die klippies, elkeen uniek en eiesoortig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'