MOSSELBAAI NUUS - As 'n man 'n prag beet van 1,5kg in sy tuin kweek, laat dit 'n mens wonder of hy groen- of rooivingers het.
Hoe dit ookal sy, Kosie Geyser het nou duidelik 'n wenresep "beet".
Hierdie afgetrede ambagsman van Hartenbos Heuwels het voor sy aftrede nooit tuingemaak nie.
Nou, nadat hy hier kom aftree het, het sy buurman, Danie le Roux hom oorreed om te plant en gewys hoe om tuin te maak.
Kosie was baie ywerig om te leer en pluk nou die "groente" daarvan. Hy spog met behalwe die reuse beet, ook met prag aartappels en spinasie.
Van die ander groente wat Kosie met sy groen vingers in sy tuin gekweek het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'