MOSSELBAAI NUUS - Pasop motoriste, klipgooiers is weer bedrywig op Louis Fourieweg.
Voertuie het Dinsdagmiddag, 31 Oktober kort na 17:00 weer onder klippe deurgeloop by die verkeerskruising waar Floraweg vanuit Danabaai by Louis Fourieweg aansluit.
Danabaaiers, maar ook ander motoriste word gemaan om uiters versigtig op Louis Fourieweg op die trajek vanaf die brug voor Danabaai tot na die Casinoweg-afrit te wees.
Ten minste een voorval is wel by die KwaNonqaba-polisie aangemeld, en slagoffers van klipgooiery word aangemoedig om die voorvalle sonder versuim by die polisie aan te meld sodat die omvang van die probleem bepaal en 'n behoorlike ondersoek na die voorvalle gedoen kan word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'