Video
KLEIN-BRAKRIVIER NUUS EN VIDEO'S - Die Klein-Brakriviermond is ná weke se bespiegeling deur inwoners en beplanningsvergaderings deur die plaaslike owerhede, vandag, 29 Julie, oopgestoot.
Dit beteken dat die rivier se watervlak aansienlik gaan daal met die water wat in die see inloop.
Van die sand wat weggery is, is op die strandgebied geplaas om die sandvolume groter te maak.
Volgens 'n woordvoerder van Cape Nature, sal die sand met springgety deur die see gelyk gemaak word.
Die publiek word gemaan om versigtig te wees vir die sterk stroom water wat see toe vloei.
VIDEO: Klein-Brakriviermond weer oop
'Ons bring jou die nuutste Klein-Brakrivier, Tuinroete nuus'