MOSSELBAAI NUUS - Jongmense verbonde aan die uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal, se jeugontwikkelingsprogram het onlangs weer tydens 'n terugvoeringsessie beide die raadslede en munisipale bestuurder, advokaat Thys Giliomee, oortuig dat die projek hulle tot voordeel gestrek het.
Die jongmense is boonop ingelig dat in sommige gevalle, talent nie 'n vereiste is om respek af te dwing nie.
Onder meer, het die jongmense gehoor, is dit die klein dingetjies wat meebring dat respek, nie net die die werksplek nie, maar oor die algemeen gekweek word, soos om stiptelik op tyd te wees vir afsprake en byeenkomste, om 'n gesonde werksetiek te handhaaf, en om altyd moeite te doen met opdragte.
'n Gesonde liggaamshouding, hope energie en positiewe ingesteldheid, net soos passie, is van kernbelang.
Om bereid te wees om altyd iets nuuts te leer, om bereid te wees om daardie spreekwoordelike ekstra myl te loop, en om altyd voorbereid te wees, verdien altyd andere se respek.
Die jongmense (links) verbonde aan die uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal se jeugontwikkelingsprogram, tydens die gereelde terugvoeringsgeleentheid aan die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee en raadslede.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'