Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die Mossel Bay Community Soup Drive het ‘n besonderse Jeugdagviering aangebied tydens ‘n program by die D’Almeida-stadion.
Tydens die propvol program, was ‘n hoogtepunt die drilvertonings deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die TS Outeniqua Seekadette, terwyl demonstrasies deur die brandweer, verkeersdienste, NSRI asook Shotokan Karateklub groot byval gevind het.
FOTOGALERY: Jeugdagviering by die D’Almeida-stadion
Eden FM het regstreeks vanaf die vieringe uitgesaai. Toegang was gratis, terwyl sop en Bybels uitgedeel is. Versekeie sprekers, onder meer die speaker van die munisipale raad, raadsdame Venolea Fortuin het die gemeenskap toegespreek.
Die nimlike komediant, Ouma Sarie het ook tot die ligte atmosfeer en genotvolle vermaak bygedra.
Foto’s: Sharlton Groenewald
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'