Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die personeel en kindertjies, al is hulle net drie en vier jaar oud, van Junior Academy-kleuterskool in Mosselbaai het hul nie laat afsit om die passies en uitdaging van Jerusalema jolig by hul skool uit te voer nie.
"Dit is 'n riem onder die hart in tye soos nou met Covid-19 om te kan dans. Ons dra hierdie dans op aan elke frontline werker wat bydra tot kinders se veiligheid en welstand. Ons salueer julle," sê hulle.
Kyk 'n video hieronder:
Jessika Lodewyk, Rinette Engelbrecht en Berenice Fisher.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'