MOSSELBAAI NUUS - As jy na gees, siel en liggaam wil groei en 'n verskil maak, oorweeg om 'n kursus in pastorale narratief te doen.
Die kursus rus jou toe om die narratiewe terapeutiese studieveld te verstaan en sodoende, jouself en ander te lei en ondersteun in 'n verskeidenheid situasies in die lewe.
Hierdie gevorderde sertifikaat kursus van twee jaar, is geakkrediteer by die Universiteit van Pretoria (UP).
Die Modules gedurende die twee jaar: Die Narratiewe Terapie Studieveld, Pastorale Sorg, Verhoudingsterapie, Kinderterapie, Ouerskap en Tieners, Molestering, Trauma en Rousmart, Dwelm- en Alkoholafhanklikheid en Depressie.
Lesings word aangebied in 'n klasverband op Mosselbaai.
Die lesings word ook deur middel van Zoom-uitsendings gedoen vir die studente wat nie op Mosselbaai woonagtig is nie.
Elke lesing is drie ure, so dit is noodsaaklik dat 'n student wat van die Zoom-opsie gebruik maak oor onbeperkte wifi-kapasiteit beskik.
Klasse:
Daar is twee klasse, drie ure elk, elke tweede week:
- Dinsdagoggend: 09:00 - 12:00 en Donderdagoggend: 09:00 - 12:00, of
- Dinsdagaand: 18:00 - 21:00 en Donderdagaand: 18:00- 21:00.
Daar is geen klasse in die skoolvakansies nie.
Aangesien beurtkrag 'n realiteit is, is daar 'n moontlikheid dat klastye asook die plek van die aanbieding geskuif moet word.
Voorbereiding:
Leeswerk word beskikbaar gestel deur die dosente ter voorbereiding vir die klasse. Die leeswerk verskil van module tot module.
Die sperdatum vir inskrywings van die eerste jaar is 15 Januarie.
Regstrasies/navrae: Stuur 'n e-pos aan info@caritascaremosselbay.co.za.
Koste- en betalingbesonderhede is op die aansoekvorm beskikbaar.
Vir enige inligting, kontak: Elize Barnardt of Stefanie Minnaar (082 829 8133 of 082 900 9302), of besoek info@caritascaremosselbay.co.za.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’