MOSSELBAAI NUUS - Die 56-jarige Liz-Marie Julies van Humansdorp het Vrydag vermis geraak toe sy vermoedelik na Mosselbaai gereis het.
Volgens kolonel Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het Julies se man verlede Vrydagmiddag by die huis aangekom en besef dat sy vrou nie meer daar is nie.
Die bure het hom ingelig dat Julies glo na Mosselbaai oppad was. Volgens familielede het Julies egter geen vriende of familie in Mosselbaai nie.
Julies is as vermis aangegee en die polisie doen ‘n beroep op gemeenskappe om op die uitkyk te wees vir haar. Volgens kol Naidu is dit glo nie die eerste keer dat Julies die huis verlaat nie.
Enige persoon met inligting kan die polisie kontak (042 200 8100 of 082 441 7613).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'